afr

q
KONTAK ONS                          VIND ONS
 

Waaroor gaan dit alles?
Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese is 'n opwindende en dinamiese veld. Elektriese ingenieers is verantwoordelik vir die opwekking, transmissie en omsetting van elektriese energie, terwyl elektroniese ingenieurs se werk gerig is op die verspreiding van informasie dmv. radio golwe, ontwerp van elektroniese stroombane, rekenaarstelsels en beheerstels soos vliegtuig outoloodse. Hierdie gesogte ingenieurs kan uitsien na 'n belonende en gerespekteerde beroepslewe.

Wat ons daaromtrent doen
Elektriese energiestelsels - behels die studie en ontwerp van elektriese transmissie stelsels, elektriese masjiene en verstelbare spoed aandrywing, drywingselektronika omsetters en hoog-spanningsingenieurswese. Hiervoor word elektriese ingenieurswese op groot skaal ingespan, soos bv. die verspreiding van krag oor die hele Suider-Afrika.  Hernieubare energiebronne soos wind en son, en elektriese vervoer soos battery elektriese voertuie, is van sterk groeiende belang in die elektriese ingenieurswese en nagraadse studies.
Elektronika - is die studie van komponente en stroombane wat gebruik word om apparaat soos klankversterkers, radiosenders en rekenaars te bou. Die student leer van elementêre elektriese komponente, transistors, geïntegreerde stroombane, rekenaarstroombane en drywingselektronika. Spesialisgebiede sluit in mikrogolfelektronika, supergeleiers, ultra-hoëspoed elektronika en die bekamping van elektromagnetiese steurings tussen toestelle.
Elektromagnetiese stelsels - is 'n breë, komplekse veld van studie wat strek vanaf die elektromagnetiese uitwerking van masjiene en isoleerders op hul omgewing tot radar en radiogolwe, antennes en veseloptika. Studies word onderneem van intree-vlak tot by wêreldklas nagraadse navorsing.
Rekenaarstelsels - is die studieveld waar studente leer hoe om rekenaars en digitale elektroniese stelsels te ontwerp.  Dit sluit in die ontwerp en bou van mikroverwerkers wat omtrent elke moontlike elektriese toestel kan beheer, van outomatiese besproeiingstelsels tot vliegtuig outoloodse.  Rekenaarprogrammering vir intydse stelsels en her-programmeerbare logika, asook die gebruik en ontwikkeling van reëletyd bedryfstelsels waarmee ‘n verskeidenheid van ingenieurswese probleme aangespreek kan word, is van kernbelang.
Beheerstelsels - wissel van die temperatuurbeheer in lugreëlingstelsels, tot gesofistikeerde stelsels wat dit vir vliegtuie moontlik maak om outonoom in digte mis te kan land, of die kameras op satelliete akkuraat en stabiel te kan rig na teikenareas op die aarde.  Die student leer die tegnieke aan oor hoe om hierdie stelsels elektronies (analoog) en vir rekenaars (digitaal) te ontwerp en ook om dit toe te pas in ander takke van die ingenieurswese.
Seinverwerking - spraak, radiogolwe en televisiebeelde is almal voorbeelde van seine. Die gedrag van seine word bestudeer, rekenaars word sinvol aangewend om die seine te verwerk (bv. spraak-, spreker- en beeldherkenning, en sagteware gedefineerde radio's en protokolle) en wiskundige hulpmiddels word geskep om hierdie prosesse te kan ontleed en verstaan. Nagraadse studente is betrokke by die heel jongste navorsing oor spraakverwerking, radar en sonar, beeldverwerking, sagteware gedefineerde radiostelsels en protokolle/netwerke.

 
WETENSWAARDIG
sBeurs Matriek leerders: EMSS BEURS vir E&E Ingenieurswese - Eerste jaar 2010.
Na matriek...Wil jy 'n ingenieur word? Kliek op die simbool en besoek ons Skole Webblad.
Nuwe Meestersprogram in Elektroniese Media Tegnologie.Kliek op die simbool vir meer details.
Kyk wat die nuuste aktiwiteite is van die nagraadse span wat SUNSAT, die eerste Afrika-satelliet in die ruimte, gebou het.

Beroemde Suid-Afrikaanse wetenskaplikes en gebeure

Afrikaanse/Engelse tegniese terme
Veiligheidsinligting
Nadoktorale Genoot/Navorsingsassistent:
Pos beskikbaar in Rekenaars & Beheer (Outonome Onbemande Vliegtuie (UAV’s), Outonome Onderwatervoertuie (AUV’s) en Aardwentelbaansatelliete). Kliek op die simbool vir meer details.

Namibiër lei NASA se nuwe ruimtesending
Dr Jakob van Zyl, Buiitengewone Professor by die Depertement E&E Ingenieurswese

WERKSGELEENTHEDE VIR GRADUANDI
Werk Nuwe geleenthede November 2009
   
   
  TRANSNET BEURSE 2010 - vir huidige studente Inligting : Aansoekvorm
Skole webblad

Besoeker # sedert 25 Mei 2001

   
Universiteit van Stellenbosch webblad