Maties E&E by SAUPEC

‘n Groep van die Department Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese het onlangs referate aangebied by die ‘South African University Power Engineering Conference (SAUPEC)’. Hierdie konferensie het van 31 Januarie tot 1 Februarie 2013 plaasgevind, in die nuwe Ingenieurswese Fakulteitsgebou van die Noord-Wes Universiteit op Potchefstroom. Vir meer inligting oor die konferensie, besoek www.saupec.org.za.

Voor, van links na regs: Dr Peter-Jan Randewijk en mnr Cephas Mutize

Middel, van links na regs: Prof Maarten Kamper, mnr Johannes Potgieter en Dr Ron-Jie Wang

Agter, van links na regs: Mnr Wikus Villet en mnr Petrus Pieterse