• “Die plek is eenvoudig wêreldklas – ek is trots om hier te wees!” – doktorale student

  • “Yours is surely one of the most beautiful campuses in the world…” – visiting lecturer

  •  “Ek het nooit besef hoeveel verskeidenheid daar is in hierdie veld is nie...” – student

    “Ek het nooit besef hoeveel verskeidenheid daar is in hierdie veld is nie…” – student

  • “Nervousness… exhilaration… what you feel in the high-voltage lab is indescribable.” – postgraduate student

  •  

     “As ek moeg geswot is, gaan stap of ry ek fiets in die Jonkershoek-natuurreservaat.” – student

  • “Now THIS is what I call robotics!” – 4th year student

  •  “Your students are the best there are – highly employable.” - director, engineering firm

    “Your students are the best there are – highly employable.” – director, engineering firm

  •  “Fantastiese navorsingsfasiliteite - ons nagraadse studente ontvang gereeld internasionale toekennings...” - dosent

    “Fantastiese navorsingsfasiliteite – ons nagraadse studente ontvang gereeld internasionale toekennings…” – dosent

  • “Thanks for making my ‘African dream’ come true…” – international postgrad student

  • “Stellenbosch is ‘n unieke kampusdorp – die studente hou die plek lewendig!” – Stellenbosch inwoner

Welkom by Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, een van die departemente van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Kyk na die poorte aan die regterkant van hierdie bladsy vir kortpaaie na inligting waarin jy moontlik belangstel. Of blaai op ons webwerf rond om meer te lees oor die jongste verwikkelings in hierdie dinamiese departement en wat ons jou kan bied.


Kyk hier!


Goed, jy wil graag elektriese en elektroniese ingenieurswese studeer, en die Universiteit Stellenbosch lyk na die perfekte keuse uit ’n akademiese oogpunt. Maar as jy by ons studeer, stap jy met veel meer as ’n onfeilbare internasionale kwalifikasie anderkant uit … kyk na ons snelvertoning om ’n indruk te kry van wat jy kan verwag om hier te ervaar…

Nuus en brokkies


Kom studeer by E&E Ingenieurswese

Ons kampus is nie net een van die mooistes nie; as jy aan hierdie departement studeer het, lê ’n enorme verskeidenheid betalende loopbaanmoontlikhede voor jou oop, want in byna elke sektor van die ekonomie is ons gegradueerdes in groot aanvraag. Die Departement kan met talle internasionale toekennings spog en het al wêreldberoemde ingenieurs gelewer.

Informatika

Hierdie spesialisrigting fokus op hoëvlak-rekenaarwetenskap en sagtewarestelsels, en sal jou ook ’n stewige grondslag in rekenaars en data gee.

Energie

In hierdie spesialisrigting leer jy alles van elektriese motors, kragopwekking, hernubare energie, energiebeheer en rekenaarbeheerde kragbestuur.

Robotika

Hier kom meganika en elektronika byeen, wat robotika een van die opwindendste spesialisrigtings maak! Dit dek die ontwerp van robotvoertuie, onbemande vliegtuie en satelliete.

Telekommunikasie

Waar sou die wêreld sonder kommunikasie wees? Hierdie spesialisrigting fokus op hoëfrekwensietegnieke en datatransmissie.


Kom doen jou nagraadse studies by ons

Die Stellenbosse Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese huisves die meeste navorsingsaktiwiteit oor ingenieurswese in Suid-Afrika en bied studente toegang tot uiters gevorderde laboratoriums en fasiliteite. Ons verwelkom voornemende nagraadse studente van oor die wêreld heen. Daar is vier hoofnavorsingsafdelings in die Departement, en ons doen navorsing in noue samewerking met die plaaslike bedryf asook internasionale vennote.

Elektriese Energiestelsels

Ontwerp elektriese transmissiestelsels, grootskaalse elektriese masjinerie en hoëkrag- elektroniese omsetters. Vind uit hoe om krag uit hernubare hulpbronne op te wek en battery-aangedrewe voertuie te ontwerp.

Elektronika en Elektromagnetika

Verdiep jou in mikrogolf- elektroniese ontwerp, antenne- en mikrogolf-komponentontwerp, numeriese elektromagnetika, supergeleidings- en ultrahoëspoed-elektronika en geïntegreerde stroombane.

Rekenaar- en Beheerstelsels

Leer hoe om digitale stelsels en mikrorekenaars te ontwerp en te bou wat byna enige toestel kan beheer, van outomatiese besproeiingstelsels tot vliegtuig-stuuroutomate en satelliete wat hulle kameras op die grond fokus.

Seinverwerking en Masjienleer

Seine sluit spraak, radiogolwe en televisiebeelde in – dit is letterlik oral! Bestudeer die gedrag van seine en gebruik rekenaars om dit te verwerk. Jy sal ook leer hoe om wiskundige hulpmiddels te skep om seine te verstaan.



Industrieskakels


Nuutste in die werkewinkel

Nuutste geleenthede

First icon box

2016 PRASA-RobMech International Conference

November 30, 2016 – December 2, 2016

First icon box

Antennas for Radio Telescopes – 2016

November 21, 2016 – November 25, 2016


Kyk hoe lyk die Departement E&E, kampus en omgewing